Riaan Grobler & Rinel Day – Mi Amore [Official Music Video]
Riaan Grobler en Rinel Day en roer die grense
Dit is nie elke sanger wat as relatiewe nuwe stem op die toneel verskyn, en dan met ‘n Ghoema benoeming kan spog nie. Rinel Day is slegs met haar derde jaar op die Suid-Afrikaanse sangtoneel doenig, maar spog met ‘n benoeming in die afdeling Beste kontemporêre album deur ‘n vroulike kunstenaar. Dié Jonge dame is nie bang om haar vokale uit te daag nie.
Vele van Rinel se liedjies word deur haar man, Michael de Lange, geskryf. Die titelsnit van haar 2014 album, Dit staan in die sterre, is uiters goed deur radiostasies ontvang.
Op die album het Rinel ook self liedjies geskryf en dit is duidelik dat sy haar siel op haar mou dra. Sy is passievol oor musiek en hou daarvan dat haar liedjies ‘n storie moet vertel.
Riaan Grobler leef sy droom. Die interaksie met ‘n gehoor is vir hom tydens elke optrede ‘n hoogtepunt. As daar reaksie vanuit ‘n gehoor is, kry daardie optrede vlerke. Die meeste van sy musiek handel oor die liefde, want hy glo dat mense almal op een of ander vlak daarmee kan identifiseer. Riaan hou vol dat liefde tog ook geluk is, al is dit nie altyd gelukkig nie, is dít die einddoel.
Musiek tel mens op, gee jou moed en daai ekstra asem wanneer jy voel joune raak op. Riaan se vorige album met die titel Rerig Erig het hom in die kontemporêre mark gevestig. Riaan se vyfde album, wat eersdaags die lig sal sien, sal duette met Juanita du Plessis, Nadia Beukes (aanbieder van Boer soek ‘n vrou) en David Fourie insluit.
Rinel Day en Riaan Grobler gooi nou hul gawes in ‘n musikale mandjie. Hulle pak ‘n pragtige nuwe duet aan en dié weergawe bewys dat hulle saam ‘n nuwe klank vir saamsing- en dansmusiek bring.
Die pragtige snit, Mi Amore, is deur ‘n Sweedse skrywer geskryf. Die mooi lirieke en spesiale melodie sorg dat Rinel en Riaan hul unieke stempel vir die aanvoeling en liefde vir musiek daarop kan afdruk. Hulle beoog om die land vol te toer sodat elkeen sy unieke stem kan laat hoor, maar ook om hul gesamentlike sangvernuf met gehore te deel. Elke troue, kuiergeleentheid en dansvloer sal hierdie nuwe treffer verwelkom.

Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr