Amor Vittone – “Te laat vir totsiens"

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Amor Vittone se splinternuwe musiekvideo “Te laat vir totsiens”

Te laat vir totsiens

Jy gaan by die huis kom 
en my briefie gaan daar lê
Met die laaste woorde 
wat ek ooit weer vir jou gaan sê

En maak nie saak hoeveel jy huil nie, 
maak nie saak hoeveel jy vra
Want alles wat ons was 
is nou vir ewig klaar 

(koor)
Dis te laat vir totsiens
ek wil nie hoor hoe jy my smeek nie
Dis te laat vir totsiens
Jy gaan nie weer my siel kan breek nie
Met daai woorde wat jy terughou 
Totdat ek jou wil verlaat
Dis te laat vir totsiens
Jy’t klaar jou laaste kans gehad

Jy’t my elke keer oortuig 
met enkel trane op jou wang
En jou digterlike woorde
Het my oor en oor gevang

Want ek glo jou net so maklik
As jy eers begin onthou
Van al die mooi wat ons gehad het
En al die mooi wat ons nog sou
(koor)
Dis te laat vir totsiens
ek wil nie hoor hoe jy my smeek nie
Dis te laat vir totsiens
Jy gaan nie weer my siel kan breek nie
Met daai woorde wat jy terughou 
Totdat ek jou wil verlaat
Dis te laat vir totsiens
Jy’t klaar jou laaste kans gehad

(Brug)
Môre sal ek opstaan  op my eie, nie alleen nie
Ek sal onthou jy was nooit die een vir my nie.

css.php