Ampie – Keanu

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Hierdie lied het ek so rou as moontlik probeer hou en dit is ? lied vir my seuntjie, Keanu John du Preez wat na sy oupa John vernoem is. Oupa John is in 1999 oorlede en hy was ? gerespekteerde Ginekoloog in die Pretoria omgewing. Die lesse wat my pa my geleer het dra ek net so oor aan my seun en al sal hy sy oupa nooit ken nie, sal sy stories voortleef!

My pa was min gepla oor geld en status, maar het vir sy familie en vriende gelewe en dit is hoe ek ook probeer lewe. Op die einde van die dag beteken geld niks en ek verkies om eenvoudig te lewe. Ja dit maak die lewe seker meer gemaklik in sommige aspekte, maar GLO my, ek ken baie miljoenêrs wat sielsongelukkig is en nie hul demone kan tem nie. Dalk kom dinge te maklik en gaan soek hulle vir probleme om mens te voel maar dit lyk vir my so sleg van die oog af.

Leer jou kind liefde, respek en eer. Sommer nederigheid ook!

Hierdie lied is my poging as Pa hoe ek sou wou hê my kind moet lewe, maar op die ou einde van die dag is dit tog sy keuse en ek kan maar net hoop hy luister na my gebede.

Hoop Julle geniet hom.

Ampie

css.php