Ampie – Niemandsland

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Geniet Ampie se musiekvideo vir “Niemandsland”!

Laai die single op jou speellys op die platform van jou keuse – https://vyd.co/Niemandsland

Lirieke:
Is jy weer terug onder die son
Ek het ‘n foto gehang
Teen die muur tot jy terugkom
Sê my waar was jy dan

Ek het belowe ek sal jou nooit terughou
Maar die huis was ‘n leë gebou
Daar’s ‘n nuwe kans ‘n nuwe wind
Dis ‘n nuwe plek my ding

Kon jy hoor hoe ek jou naam uitroep
Toe jy in niemandsland jouself gaan soek
Ek het jou nodig gehad
Dit was ‘n moeilike jaar
Was dit die laaste keer wat ons groet?

En jy lyk dan weer soos jouself
Het jy die winter om jou lyf gevou
Ek het jou nodig gehad
Dit was ‘n moeilike jaar
Maar ten minste het ek
Ten minste het ek jou nou

Ek het my asem opgehou
Die dae was lank sonder jou
En sê my wat het jy gesien?
Wat het verander die keer?
Jy sê ons moet hier gebore wees
Om in ewigheid hier te bly
As die foon raas laat in die nag
Wonder ek of ek jou terug kan verwag

Kon jy hoor hoe ek jou naam uitroep
Toe jy in niemandsland jouself gaan soek
Ek het jou nodig gehad
Dit was ‘n moeilike jaar
Was dit die laaste keer wat ons groet?

En jy lyk dan weer soos jouself
Het jy die winter om jou lyf gevou
Ek het jou nodig gehad
Dit was ‘n moeilike jaar
Maar ten minste het ek
Ten minste het ek jou nou

Dis lewenslank my hart jou hand
Tot die Hemel ons kom haal
Ek sien jou weer aan die ander kant
Waar my siel my lyf verlaat

Liedjieskrywers/Publiseerders :
Matthew John Duncan / MJD Music
Ampie du Preez /AMPIE DU PREEZ SONGS CC

Regisseur:
Tertius Human

Konsep:
Ampie
Tertius Human

Kameras :
Tertius Human

Redigeerder:
Tertius Human

Vervaardigers:
Vonk Musiek

Platemaatskappy:
Ampie du Preez songs under exclusive license to Vonk Musiek

Produksiemaatskappy:
Laughing Lamp Photo and Film

Liedjie vervaardig en opgeneem deur:
Tertius Human / CoolerBox Studios

http://www.realmusic.co.za/
https://twitter.com/vonkmusiek
https://www.facebook.com/vonkmusiek

Subscribe here: https://www.youtube.com/channel/UCoEpTYzBXDhB5eoSZ6ALa8w?sub_confirmation=1

css.php