Lirieke:
Silwer sekelmaan se roepstem hoor my
Wals wals Willemiem se skadus teen die muur
Sandsteen klip se hitte buig in stilte
Wens jy was hier
Tussen ons
Tussen lyne tussen spore
Is net geleende tyd
Tussen ons
Tussen harte tussen drome
Bly dit net ons geheim
Daar waar die maan en die aarde bymekaar kom
Wag jy nog vir my
Verlang ek nou nog meer as ooit
Tussen jou en my
Die ou grondpad lyk nog net dieselfde
Vlamme dans vonke los diep in die vuur
Sterrehemel wys my roete na jou
Wens jy was hier
Tussen ons
Tussen lyne tussen spore
Is net geleende tyd
Tussen ons
Tussen harte tussen drome
Bly dit net ons geheim
Daar waar die maan en die aarde bymekaar kom
Wag jy nog vir my
Verlang ek nou nog meer as ooit
Ek skreeu jou naam en die wêreld moet weet
Wie jy is, vergewe, vergeet
Spore volg en die pad na jou toe vind
Ek skreeu jou naam uit jy is myne
Die hemel weet jy is net myne
Laat ek jou wys ek kan alles vir jou wees
Tussen ons
Tussen lyne tussen spore
Is net geleende tyd
Tussen ons
Tussen harte tussen drome
Bly dit net ons geheim
Daar waar die maan en die aarde bymekaar kom
Wag jy nog vir my
Verlang ek nou nog meer as ooit
Tussen jou en my
Tussen jou en my
Written by – Anton Botha
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr