Bouwer Bosch – Kleurblind

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Woorde en musiek deur Bouwer Bosch
Mastering deur Peach van Pletzen

Lirieke:

onse vader wat in die hemel is, ons het geen bewyse dat jy wit is, darm weet ek nou dat vrede en liefde nie ’n kleur het nie, ek wens soms ek was kleurblind. Ons gaan aan asof Jesus ’n voortrekker was. my hart is seer want ons mis dit punt, my hart is seer want ek dink jy is blind. Jy kan nie ’n christen en ’n rassis wees nie. Jesus het nie vir jou velkleur gesterf nie. Vryheid van spraak het verander in vryheid van haatspraak, ek kan nie sing nie so ek praat, jy wil nie sien so jy haat, my hart is seer wat ons mis die punt, my hart is seer want ek dink jys blind.

op ’n klavier kry jy swart en wit note en almal is ewe belangrik vir ’n liedjie om sin te maak, alleen klink dit leeg maar as almal saam gespeel word los dit die engele stom, ons is so behep met reg wees dat ons dit bo ons gelukkigheid sal kies, daar sal altyd meer goed as sleg in hierdie wêreld wees. Om iemand te haat sê meer van jouself as die persoon wat jy haat

Ons is vinnig om te spring,van ’n kinderkrans af het ek geleer ek is reg maar eks jammer ek mag dalk ’n rassis wees, Jy sien ek noem wit ouer vrou ’n “tannie” en ’n swart ouer vrou “jy”, dis hoe ons groot geword het, en dis hartseer want dis nie hoe dit moet wees nie, dis nie hoe dit moet wees nie. Ons kan nou aanhou vashou aan die verlede, ons kan nou aanhou baklei vir wat jy dink reg is of vir wat jy voel wat aan jou gedoen is is verkeerd, of ons kan laat gaan van die verlede en leer om te vergeef want dis in elkgeval net genade dat ons is waar ons is, my hart breek vir jou wat so baie haat, ek wens soms jy was kleurblind, ek wens soms ons almal was kleurblind

so speel my nou tot die note op raak en lees my gebroke hart soos bladmusiek,ek wil maar net ’n lied wees waaroor die blindes saam kan sing

css.php