Hang my aan my woorde, brand my met my dade
tot ek stil is
Afrikaners soms onplesierig, met trots in my hart sal ek al 3 spykers vat
sluit my in by die groep wat haat, sluit my toe vir my siel se kattekwaad
ek is nie bang vir die toekoms nie, maar die verlede skrik my soms af
‘n monument wil ek wees, ’n standbeeld opgerig teen vrees
lei my na die waters waar daar haat is, waar jou haat is
daar wil ek met jou liefde tussen almal rus, die vure blus
daar wil ek met jou liefde jou gemoed laat rus, jou bekommer sus
Ek kan nie langer meer stilbly nie, stilbly nie
Dit gaan nie meer oor jou of my nie
Ek gaan nie stop om te baklei nie, baklei nie
Dit gaan nie meer oor jou of my nie
derdegraadse emosionele wonde,
naaste liefde is mos deesdae sonde
ek is mos die een wat jou verraai, ek is ook die een wat die ander wang draai
breek af aan die onbekende bou voort met ’n liefdesbende
leer om die haat te ignoreer, probeer om die verlede af te leer
ons almal leef in ’n kombuis taal, geleen, gevorm, verpak, bedien
ons almal het lief in ’n kombuis taal, verniet, verlief, vergeef, versoen
boikot my ambisie vir my eie restitusie, maar verwyder eers die balk vanuit jou aanlyn haat petisie
Jesus sink in die water want ons trek hom af
Hy Verdrink in ons haat terwyl die wêreld lag
darem sien ons hom Sondag so ons kan weer jammer sê
ek staan gereed met ’n hamer ek hoop jy onthou die spykers
want hierdie keer doen ons dit vir al die kykers
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr