Streaming Spotify/Apple Music: https://Platoon.lnk.to/volume
Shot , directed and edited by Damiane van Reenen
Additional footage by Heinrich Laubscher
Lyrics:
vieruur ek is wakker
en ek dwaal in my huis rond
vreemd hoe ‘n jas in die nag
soms ‘n spook kan word
figure teen die mure
in die lig van ‘n kers
soos ‘n dier vasgevang
tussen die mure van my eie werf
so is dit oggend?
is dit dinsdag?
is dit maart?
is dit mei?
is alles skielik anders
of is dit dalk net
ek en jy
hoor jy my
ons lyne kruis
O dit spook
ja dit spook alweer
in ons huis
Hallo
hoor jy my?
die ontvangs was sleg
jy het gesê ons gaan hier vrek en
jy was reg
ons ry in jou kar
al die vensters is oop
die volume is op honderd en
ons sing en ons rook
gesoen teen die mure
van die plekke waar ons is
dit het gevoel asof ek nog joune is
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr