Daar is gereeld oomblikke in ons allerdaagse lewe waartydens ons onself in n situasie bevind waar krisis kos benodig word, soos wanneer onverwagte gaste opdaag of mense wat moes kom vir tee opeindig om vir ure te kuier. Die meeste van ons raak in hierdie gevalle angstig. Nataniël wys in hierdie episode dat daar geen rede is om paniekerig te raak nie en wys hoe om die oomblik kalm te hanteer. Hy wys ons ook hoe om ‘n vinnige tafel te dek wat die gaste sal laat dink dat jy ure daaraan spandeer het.
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr