Seker die lekkerste bra in Suid-Afrikaanse rock. Francois van Coke drop sy debuut solo album getiteld ‘Francois van Coke’. Onmiskenbaar Franna, maar heelwat anders as beide Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Verfokkenfrissend van Coke.
Die Watkykjy-Suid span was lucky genoeg om ’n week of drie gelede met die man van die uur ’n paar woorde te breek oor die nuwe album asook ’n limited edition 7” vinyl (oftewel plaat) uitgebring deur Permanent Record (www.permanentrecord.co.za). Die plaatjie is fokken beautiful en ’n true collector’s piece. Straight to the pool room china!
Video deur die Image Engineer https://www.facebook.com/ImageEngineer?fref=ts
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr