Gebed – Koos du Plessis

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Gebed (‘Prayer’)

Woorde en musiek deur Koos du Plessis
Words and music by Koos du Plessis

SATB koorverwerking deur Danie Hyman
Arranged for SATB choir by Danie Hyman

Teks/Lyrics:

Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aard se vreugde en vrees
eind’lik nietig word vir my.

Elke afdraaipaadjie ken ek.
Elke keer het ek gedwaal.
Elke keer het U my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net ‘n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade,
wat ek het is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my, Heer vanaand daarheen.

css.php