HemelBesem Blaas Die Trompet (Afrikaans Hip Hop)

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Hemelbesem – Blaas die trompet

Die is ‘n lied wat genomineer is vir ‘n Ghoema (2019) toekenning en is op die album EVIL IS NOGSTEEDS MAKLIK. Stuwi W is oppie beat. Die video is directed, geskiet en ge-edit deur Blended Media & Entertainment met #Valento wat ok gehelp het. Die ander gesig is Neil Armstrong. Ook in Samewerking met #FortBuku Binnekort online beskikbaar. vir USB Albums connect hier: info@besembos.co.za of @Besembos

Lyrics:

Sit stil…laat dié Pinkster-kind vir jou leer
die verskil tussen posisie en om te funksioneer.
Die een is iets fisies, die ander bring vir jou deur…
Moenie laat polisie jou intimideer
Jy moet saam met jou visie sinkroniseer…

Maar ons pyn en worries…dit staan saam innie skuit
Trane polish maar net die diamante waarmee ek kyk.
Sy kry diep swaar onder ‘n stiefpa wat net die taan’ie gebruik.
Is net innie Kaapse Vlaktes waar hulle die army gebruik.

Laat die trompette blaas. Gaan met ‘n geraas deur’ie liewe
En moenie gatecarsh’ie bra, ry dwarsdeur die mure
Behou die vlam in jou vuis. Gooi dit vas teen jou bure
want wat is die purpose van as in n vuur in?

As is verbrande hout. Dis die toekoms van jou bungalow
Niks wat ‘n bargain nou is, is waarlik iets wat lank kan hou
Soos die trompet blaas, stel jou wekker vir die aand net gou
Die Jericho staat-gebou sal in die chaos stelselmatig vou

Los die roadkill vir die kraaie
Hulle wil jou soul kill innie draaie
Daai’s ‘n ou deal van die maaiers
Druk jou af tot jy met jou blou knie gou kniel en jou soul gie virrie haaie

Blaas die trompet!

Laat ‘n magdom engele ons defend teen die klompie
Op die oomblik is ons hande afgekap… peasants innie stront hie’
Dis soos om die Dark Knight in sy Batsuit te kom challenge op ‘n donkie
Maar al’s my mic hand afgekap, broe ek balance dit op ‘n stompie

Big guys don’t small talk, maar grootkoppe doen wel
Ek is ‘n reus aan die binnekat. Dis soe soet as ek daai truth stel
Soes Incredible Hulk se voet wat in sy skoen swel
As Besem opdaag om te vee, dan’s die vuil etters skoonveld!

Maar die pyn steek soms soos dolke, my rug het al ‘n skeur in
en dit voel asof die wolk sy weg gevind het by my deur in.
Selfs onder dak , voel dit ek staan steeds in die reën in
Maar !Nanseb verleen my ewigdurende ondersteuning

Lig my op…laat ek met mas die fuss kan keer
en die geraamtes in my kas van my ras hanteer
Als wonde al septies, ek moet nog steeds die puss (pas) aangee
Moet net die bloed pleit soos n Pasga-deur
Blaas die trompet!
En wanneer ek doodgaan, en jy die weer se gedruis hoor.
Ek gaan nie rustig heen nie, lê my neer soos ‘n treinspoor,
want my tracks loop van plek tot plek, land en duin oor,
My hitte sal jy net in my graf en êrens in die woestyn hoor

Laat dit ‘n les wees
Ek sweer..
Daar’s altyd iets in die subconscious wat maal en soes ‘n mes steek
Soos Bob Marley se ses seuns,
wat wonder of kanker hulle gaan kom haal, en gaan wegneem..

Blaas die trompet!

Daai’s ‘n oop wond en ons moet ons sinne as rowe gebruik
Ons was bruin gebrand op die Here se oond se tyd
Daar’s ‘n skerp mes vir jou. Jou vrinne het dit so geslyp
Maar hoe backstab jy iemand as jy om binne-in die oë kyk

Laat die judge slaan met die swaarste hamer wat ‘n man kan dra
Waar aanstaltes gemaak word om ‘n man aan te kla
Soos klaar-gebrande kersvet op n kandelaar
Al lyk ons kant en klaar
Hou vas! Ons is amper daar

Blaas die trompet

*!Nanseb – Nama Koning Hendrik Witbooi
*Pasga – Passover

© (Copyright Besembos Publishing)

css.php