Another lockdown video from the EVIL IS NOGSTEEDS ALBUM! Get the album anywhere ONLINE
#LanceLugar on the beat
#SimonWitbooi on the visuals
Lyrics:
HemelBesem – Haal net asem ©
Dis ‘n eden met watervalle wat klap soos die vin van ‘n meermin,
Dis soos die Kronieke van Narnia se kas as ek deur klim,
Ek staan vir ‘n wyle stil en asem diep die geur in…
(Haal net Asem…Asseblief tog…Haal net Asem)
Asem in en uit,
laat ‘it gaan van binne buite
Swaargeit wil my vinnig gryp.
Daar’s ‘it as jy binne kyk…
Bring turbulence in, but ek blaas ‘it by my kinders uit
Rynheid, soos laaste asem. Dit was aan ‘n kruis…
dit is my gawe en jy kan ’it kry…
Aan my naaste. Dit is dan ‘n feit
Dit laat jou innie donker sien
Als is jy onder long-masjien
Ek gaat jou met my mond bedien…
Met my CPR as jou suurstof klaar is,
want wie wiet waar is jy innie nuwe jaar
as die lewe met ‘n man dan so see-saw, jarre.
Jy kan dalk langs ‘n drom in ‘n balie beland
Wat ek uit blaas is van kardinale belang
Ek spit in drips wat innie dak van ambulanse in hang
Ek is die Lewe-versorger
Blaas my gees in longe van mense. Selfs Exorcist se besetende dogter
Is jy gekreukel en krom? Eet dit net op.
Die heerlike klomp asem. Dis manna wat uit die Hemel uit kom
(Haal net Asem…asseblief tog…Haal net Asem)
Soos ‘n boot se seil wat saam met die wind gesels,
soms wapper ek vinnig, ander kere ingestel
om net geleidelik met die tyd in te gel…
Tyd…wat my thoughts vir ‘n uur stop
Dis sort of ‘n siek verlof van die aarde
wat my kop in sy ronde visier blok,
waar ek sonder bestuur trot.
Maak tyd vir asem haal, jou sorge sal skielik drop
Ons nader ‘n one world order…seblief tog,
ons betaal nou vir water en more vir suurstof!
Die besoedelde lug se bedoelinge is,
om ons gevoelens aan te voer tot dit in ‘n verdoemenis is.
Maar my insig is breed.
Dis ‘n wins om te weet
In Sy guns leer ek die kuns van gunsteling wees
Al loop ek gebuig, krom en ‘n aaklig wesen
en al sou ek hoog bo die aarde gesweef het,
maak ek steeds my punt onder soos ‘n vraagteken,
want dis hier waar die pressure dan heers,
Afrika, believe it,
Hemelbesem, ek is n reus.
In Afrikaanse sierskrif as jy die guestlist wil lees.
Lewe is duur en is soos om in ‘n crèche in te wees
Want ons land…ek sweer, check in die vlees
Asem in, dis suur…Dit veg saam mettie gees
Ons suurstof hier, is dan Westerse idees
Besembos Productions ©
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr