Koos Du Plessis was ‘n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s en ’80’s.
Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, ‘n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou.
Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ‘n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.
Koos Du Plessis is op 14 Januarie 1984 in ‘n motorongeluk op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte oorlede, nadat slegs drie Afrikaanse albums onder sy naam uitgereik is.
Die donker kom van buite, en syfer deur die ruite, en ek gooi nog ‘n paar kole, op die vuur.
En die tafel en die laaikas, en alles wat eers vas was, versmelt tot blote skadu’s teen die muur.
Ons drome van gister, word somber en sinister want kyk, alles het ‘n vasgestelde uur.
Ons beplan toringblokke, maar die slopers is betrokke, en ons drome is bloot skadu’s teen die muur.
Met orrelbeleiding kom die voorspel tot die skeiding, maar dis alles reg, die liefde is ‘n vuur.
En van die vurige hof maak hoor ons later in die hofsaak, want die liefde is ‘n skadu’s teen die muur.
In swart of wit getooi, in ‘n stoet of in konvooi, wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur.
En leef holderstebolder, want die kis wag op die solder, en die lewe is ‘n skadu’s teen die muur.
En leef holderstebolder, want die kis wag op die solder, en die lewe is ‘n skadu’s teen die muur.
Die lewe is ‘n skadu’s teen die muur.
Die donker kom van buite, en syfer deur die ruite, en ek gooi nog ‘n paar kole, op die vuur.
En my voete en my hande, word ou bekende lande, in skadukaarte teen die kamer muur.
Die wêreld word ‘n skadu teen die muur.
‘n Flikkerende skadu teen die muur.
CD: Koos Du Plessis Trilogie
Disc 1
Skadu’s Teen Die Muur
Die Somer Is Verby
Kinders Van Die Wind
Op Pad Na Nooitgedacht
Herman
Pretoria
As Jy My Kon Volg
Jantjie Van Die Berge
Sprokie Vir ‘n Stadskind
Skielik Is Jy Vry
Najaarsdroom
Disc 2
Molberge – Herinneringe Aan Springs
Swerwers
Karla
Irma
Boshoek
Onthou Jy Nog
Groet Sonder Woorde
As Almal Ver Is
Moreliedjie
Miskien Karien
Disc 3
Skimme
Vermiste Mense
Herbergier
Spore Op Die Maan
Mornay
Droom Swendelaar
Hier’s Onns Almal Tesaam
Nokturne
Koue-Vuur
Nes Ek Wil
Soektog
Nagwag
http://www.koosduplessis.co.za/
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr