Dié gewilde musikant het onlangs sy eerste solo-album sedert sy ernstige motorfietsongeluk bekend gestel. Mathys Roets is vandag ‘n parapleeg, maar hy het ‘n wilsbesluit gemaak om nie te gaan lê nie. Sy lewe het radikaal verander en hy het geleer om aanpassings en opofferings met grasie te hanteer. Met Rembrandt se meisie in die maan sing hy van die verliese, maar ook oor dit wat hy gewen het. Hy is ook ‘n gesogte motiveringspreker. Mathys gesels met Coenie oor die lewenslesse wat hy nog elke dag leer.
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr