© Spoegwolf 2022
Die nuwe album, Dryf, beskikbaar op alle digitale platforms.
Vervaardig deur Spoegwolf
DOP (Studio): Damiane van Reenen
Live Footage: Eric T. Graham
Editing: Damiane van Reenen
Colorist: Jarryd du Toit
Spoegwolf is
Danie du Toit
Chris von Wielligh
Albert van der Merwe
Moskou du Toit
Nuwe Reën:
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
Lirieke:
dis in die oggendblou
op die ou Kaapse Weg
ons het vêr gaan ry
en jy wou bly by my
ons het whiskey gedrink
in jou klein kombuis
ek het vuur gemaak en
als het geruik na die nuwe reën
o, Here, is sy nou
uiteindelik die een?
jou jare is ligte
sit soos silwer in jou hare
my jare word ligte
is gewigloos in jou hande
hou al jou laaste dae vir my
ek bring iets vir die son
iets vir die pyn
hou al jou laaste dae vir my
ek bring iets vir die son
iets vir die pyn
in die laatmiddaglig
na ‘n lang, harde reën
jy’t jou hand gegee en
ons was stukkend, maar een
ons het heel aand gedans
om ‘n belofte te maak
ek het iets gesien en
als het gelyk na die nuwe plan
o, Here, het U nou
uiteindelik ‘n man uit my gemaak?
en jou jare is ligte
sit soos silwer in jou hare
my jare word ligte
gewigloos in jou hande, oh
hou al jou laaste dae vir my
ek bring iets vir die son
iets vir die pyn
hou al jou laaste dae vir my
ek bring iets vir die son
iets vir die pyn
Thanks! Share it with your friends!
Tweet
Share
Pin It
LinkedIn
Google+
Reddit
Tumblr