Wynand Strydom – Terug Na Jou

Share it with your friends Like

Thanks! Share it with your friends!

Close

Geniet Wynand Strydom se musiekvideo vir sy nuwe enkelsnit “Terug Na Jou

Dis kwart voor twaalf en die pad lê nog ver
Ek sien daai stippellyn loop soos ‘n verskietende ster
Met die donker wat my jaag en die maan wat op die horison tango
Die pad wat sy draaie maak hou jy my wakker as die dag nog slap

Terug na jou is die pad wat ek nou vat
Terug na jou is waar my hart die diepste pad stap
Kom berge kom valleie kom kronkels vir myle
Terug na jou
Terug na jou

As die son vroeg in die oggend sy vingers deur die donker druk
Waar die kronkelpad homself weer reg kom ruk
Sien ek daar diep in die verte die dorp se liggies wat brand soos kerse
Ek sweer ek kan jou hoor weer van vooraf my hart op jou verloor

Terug na jou is die pad wat ek nou vat
Terug na jou is waar my hart die diepste pad stap
Kom berge kom valleie kom kronkels vir myle
Terug na jou
Terug na jou

Net die suiderkruis voor my
Wat my rigting wys
Jy’s die kompas in my lyf
Wat my lei tot by die huis
Kom berge kom valleie kom kronkels vir myle
Terug na jou is die pad wat ek nou vat
Terug na jou is waar my hart die diepste pad stap
Kom berge kom valleie kom kronkels vir myle
Terug na jou
Terug na jou
Terug na jou

Regisseur:
Chandre Opperman
Wynand Strydom

Kameras :
Tshepang Modisane

Redigeerder:
Macayla Smit

Vervaardigers:
CoolerBox Brothers

Platemaatskappy:
Vonk Musiek

Liedjieskrywers:
W vd Venter / W vd Merwe

Liedjie publikasie:
Vonk Uitgewers CC / Capasso

http://www.realmusic.co.za/
https://twitter.com/vonkmusiek
https://www.facebook.com/vonkmusiek

Subscribe here: https://www.youtube.com/channel/UCoEpTYzBXDhB5eoSZ6ALa8w?sub_confirmation=1

css.php